Oor Ons

 

Tuis / Oor Ons

Oor Ons

By Liefie Klere maak ons elke stukkie klere met liefde,
sorg en ‘n passie vir kinders.

 

Ons Storie

Liefde vir klere en naaldwerk was nog altyd deel van my lewe.

Toe ek my eerste broeisel ontvang het, was daar nie altyd geld om hope nuwe klere te koop nie. Ek het toe besluit om self vir my kinders stelletjies te maak. Dit was nie net goedkoper nie, maar ek kon iets maak wat mooi, gemaklik en uniek was.

Kort voor lank het familie begin vra of ek ook vir hulle kinders kan maak. Toe volg vriende, en voor ek my oë kon uitvee, het kinders regoor ons dorp my handgemaakte stelletjies gedra.

Soos die jare aangestap het en die kinders groter geword het, het die naaldwerkmasjien ongelukkig vir meer as twintig jaar stilgestaan. Die lewe het eenvoudig sy gang gegaan.

Nou, na al die jare, het ek weer die geleentheid om te doen waarvoor ek nog altyd lief was. Liefie Klere is gebore uit daardie passie en die vreugde om iets met my eie hande te skep.

Vandag word elke stelletjie met liefde in Robertson, Wes-Kaap, gemaak. Elke bestelling word eers gesny en gestik wanneer dit bestel word, sodat elke kliënt iets ontvang wat met sorg en aandag gemaak is.

Ek hoop dat elke liefie wat ‘n Liefie Klere-stelletjie dra, net soveel vreugde daaruit sal kry as wat ek ervaar wanneer ek dit maak.

Loer in die Winkel

Ontdek ons handgemaakte stelletjies en kry iets besonders vir jou liefie.

Blaai Winkel →
Shopping Cart
Your Cart (0)
Empty Cart Your Cart is Empty!

It looks like you haven't added any items to your cart yet.

Browse Products
Subtotaal
Shipping & taxes calculated at checkout.
R0,00
Checkout Now
Powered by Caddy
Scroll to Top